Die besondere band tussen Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria en Afrikaanse Hoër Seunskool het sy oorsprong in 1920 toe Die Afrikaanse Hoërskool in die Joubert-huis in Visagiestraat gestig is. Hierdie skool is in 1930 in AHS en AHMP verdeel om die groeiende vraag na onderrig in Afrikaans te akkommodeer. Die Lynnwoodweg-gebou is aan die seunskool toegeken en die Bondstraat-gebou aan die meisieskool.

Die snelle uitbreiding van Pretoria se oostelike voorstede het tot gevolg gehad dat Lynnwoodweg swaar verkeer dra wat die oorsteek van dié pad lewensgevaarlik vir voetgangers maak. In belang van die veiligheid van ons seuns en meisies nader ons die Affie-gemeenskap en -vriende om ‘n bydrae te lewer om ‘n voetgangerbrug oor Lynnwoodweg op te rig.

Hierdie brug het egter nie nét praktiese waarde nie, maar simboliseer ook die historiese en sosiale verbintenis wat Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria en Afrikaanse Hoër Seunskool het. Voorts sal dit in ontwerp die statuur van die twee skole komplementeer.

SKENKINGSGELEENTHEDE
BESKIKBAAR:

SKENKERSTEEN @ R 2 500 ELK

3000 / 3000

ERKENINGSPLATE @ R 50 000 ELK

52 / 52

SKENKINGSGELEENTHEDE
BESKIKBAAR:

SKENKERSTEEN @ R 2 500 ELK

3000 / 3000

ERKENINGSPLATE @ R 50 000 ELK

52 / 52